Patrick White

Patrick White
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
White, c. 1940's

Geboortenaam Patrick Victor Martindale White
Geboorte 28 Mei 1912
Knightsbridge, Londen, Middlesex, Engeland
Sterfte 30 September 1990
Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië
Nasionaliteit Australies
Beroep skrywer

Patrick Victor Martindale White (28 Mei 191230 September 1990) was 'n Australiese skrywer wat van 1935 tot 1987 twaalf romans, drie kortverhaalbundels en agt toneelstukke gepubliseer het.

White se prosa maak gebruik van humor, verskuiwende narratiewe waarnemingspunte en bewussynstroom tegnieke. In 1973 is hy bekroon met die Nobelprys vir Letterkunde,[1] "vir 'n epiese en sielkundige vertelkuns wat 'n nuwe kontinent in die letterkunde ingebring het", soos per die Sweedse Akademie[2]. Hy is die enigste Australiër wat tot op hede met die prys bekroon is (J. M. Coetzee het die toekenning in 2003 as 'n Suid-Afrikaanse burger gewen, voordat hy in 2006 'n Australiese burger geword het). White was ook die eerste ontvanger van die Miles Franklin-toekenning.

  1. "Australian Nobel Prize Winners". Whitehat.com.au. 2 Desember 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2011. Besoek op 1 September 2011.
  2. "Nobel Prize in Literature 1973 – Press Release". Nobelprize.org. Nobel Media AB 2014. Web. 7 Mei 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search